KoueKoffieBoeke KoueKoffieBoeke
Uitgekies deur ons, geliefd deur jou kind
Welkom by KoueKoffieBoeke!

Ons is trots om aan te kondig dat ons nou OOP is vir bestellings! Ons gaan gereeld nuwe boeke byvoeg, so hou ons dop op sosiale media ook.

Besoek ons Winkel
Ontmoet die Span

KoueKoffieBoeke is die gevolg van ’n noue vriendskap, saamhuil en -lag oor die opwindende maar uitdagende reis van Ma-wees, vele koue koppies koffie, half-klaargemaakte gesprekke, kinderlike geloof en ’n gedeelde liefde vir boeke – en Afrikaans.

Carla Lang, ma van drie woelige kinders, is ’n nie-praktiserende prokureur (BComRegte & LLB), ’n skrywer (#kouekoffie), rubriekskrywer (Netwerk24 & Facebookblog – https://www.facebook.com/KoueKoffieMa/), vryskutredakteur (Sertifikaat in Afrikaanse Redigering en Proeflees), en vryskutresensent en -artikelskrywer (LitNet). In totaal het sy meer as 10 jaar se ondervinding in uitgewery. “Ek het vanaf ek kan onthou ’n spesiale band met boeke. Voeg daarby my gróót liefde – my kinders (saam met wie ek kies om die meeste van my tyd te spandeer), dan kry jy: rakke en rakke vol kinderboeke, wat maak dat ek en my kinders daagliks vele avonture beleef!”

 

Carmen Roux is ’n gekwalifiseerde Spraakterapeut (B. in Spraak-, Taal en Gehoorterapie) met meer as 10 jaar se ondervinding. Sy is ma van twee jong kinders en is sedert 2020 voltyds tuis, waar taal en boeke steeds ’n groot rol in haar gesin se alledaagse lewe speel. “Ek was nog altyd lief vir lees en nou dat ek weet hoe betekenisvol dit kan wees, kweek ek van kleins af ’n liefde vir boeke by my kinders. Ek hoop dat hulle, en soveel ander kinders, sal inkoop in die betowerende wêreld wat boeke kan bied.”

Besoek ons Winkel
Ons Gunstelingboeke vir Augustus
Klein Plakpoppies: Katjies
’n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en katjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die…
 
R119.00
Besoek Winkel
Mnr Stink
Meneer Stink het gestink. Hy was die ene stank. Sy stank was so erg dat dit jou asem weggeslaan het. Hy was die stinkste superstankstinker wat nog ooit gelewe het.…
 
R160.00
Besoek Winkel
Tirannosourus sot
Wie het al ooit gehoor van ’n vegetariese tirannosourus? Hierdie klein dinosourus land in die verkeerde nes … Hy mag dalk klein wees, nie mooi weet waar hy hoort nie…
OP AFSLAG
R135.00
Besoek Winkel
Die storie van die klein gaatjie
’n Plesierige en spannende ontdekkingsreis op soek na ’n geheimsinnige klein gaatjie, wat uiteindelik nie so ver weg is nie … 'n Bekoorlike kartonboekie – perfek vir selflees en voorlees.
OP AFSLAG
R135.00
Besoek Winkel
Vandag is ek ‘n windlawaai
In 1838 het die komponis Robert Schumann ’n klavierwerk van 13 nommers genaamd Kinderszenen (Kindertonele) geskryf, waarvoor hy later aparte titels gegee het nadat sy vrou, Clara, vir hom gesê…
 
R150.00
Besoek Winkel
Outeur van die Maand

Philip de Vos is ’n bekroonde skrywer, fotograaf en versiemaker van formaat, en is in 2015 beloon met ’n KykNET Fiësta Lewensbydrae vir Musiek, Woord- en Visuele kuns in Suid-Afrika.

 

As kind wou hy dolgraag sirkusnar word – en vandag laat hy met die humor in sy werk ’n ieder en ’n elk glimlag.

 

“Philip de Vos is my gunstelingversiemaker! Ek het die voorreg gehad om sy redakteur te wees en geniet dit vreeslik om saam met hom te werk. Geniaal – hoe hy aan al sy versies kom, verstom my – liefdevol en ’n lekker mens om rondom te wees. Hy is wel al goed in die tagtigs … maar sy gees is nog sestien! Ek het menigte van sy boeke op my rak. As jy nie het nie, dink ek jy mis gróót uit!” – Carla Lang

KoueKoffieBoeke gesels met Philip de Vos:

 

Wat is jou gunstelingversie in Vandag is ek ’n Windlawaai?

 

Hier sal ek twee moet kies: VOOR DIE KAGGEL en DIE DIGTER PRAAT

 

DIE DIGTER PRAAT

Die kind van gister

word ’n man.

’n Man wat doen

wat manne kan.

’n Man wat reis

na verre lande,

ander mense, ander strande.

’n Man wat later alles weet,

maar gou sy lentedroom vergeet.

Jy –

met jou baadjie en jou das,

haal daai houtperd uit sy kas.

Voel sy spiere,

ruik sy sweet,

reis weer na jou groen planeet.

Gryp die sonlig.

Gryp die dag.

Die Land van Slaap

lê voor en wag.

 

My Bloemfontein-dae is al lankal verby en ek is nou ’n baie, baie ou man is. Maar ja, ek het wel ’n digter geword en het in my lewe na baie verre lande gereis, selfs na Paaseiland (Easter Island) – die mees afgesonderde eiland in die hele wêreld.

 

En die belangrikste van alles – ek het nooit die wonder van kindwees of my kinderjare vergeet nie.

 

Hoe lank het dit jou geneem om die verse te skryf vir Vandag is ek ’n Windlawaai?

 

Miskien ’n maand altesame, want ek het terselfdertyd Engelse versies geskryf. Hierdie boek is geïnspireer deur Kinderszenen/Kindertonele (musiek van Robert Schumann) en ek moes dus tegelykertyd na die musiek luister en versies in beide Afrikaans en Engels skryf.

 

Wie is jou gunstelingkomponis?

 

My gunstelingkomponis is definitief Wolfgang Amadeus Mozart. Hy het alreeds vanaf die ouderdom van vyf jaar oud musiek gekomponeer en is op vyf-en-dertig oorlede.

 

Een van my eerste boeke was juis getiteld Wolfgang Amadeus Muis (1986) en ek het later TRAZOM (“Mozart” agterstevoor) geskryf oor Mozart se jeug. Ek het ook ’n versie oor hom in my boek Beware of the Canary geskryf. 

 

Hoekom dink jy moet mammas Vandag is ek ’n Windlawaai vir hul kinders voorlees?

 

Ek dink hierdie boek moet vir kinders voorgelees word, want dit is oor al die wondere van kindwees – en dit is oor bome en oseane en drome en oor dinge wat ’n kind sou ken – en belangrikste van alles: met hard voorlees, hoor kinders die wonders van Afrikaans met sy ritmes en klanke.

 

Vertel ons iets interessants oor jouself.

 

Of dit interessant is weet ek nie, maar ek gaan dikwels gimnasium toe, en elke keer as ek op die oefenfiets sit, kom daar nuwe versies in my kop.

 

Ek is daarby baie lief vir diere – vir honde en allerhande goggas. In my hele lewe het ek nog nooit enige insek, selfs ’n muskiet, doodgemaak nie, en voel nou nog sleg oor ek twintig jaar gelede per ongeluk op ’n slak getrap het. Daarby is ek al byna dertig jaar lank ’n vegetariër nadat ek Babe (’n film oor ’n pratende varkie) gekyk het.

 

Vandag is ek ’n Windlawaai, geskryf deur die geniale Philip de Vos en asemrowend geïllustreer deur die bekroonde Piet Grobler, is nou beskikbaar by KoueKoffieBoeke, hier.

Boeke op Afslag
Klein wit vissie
R99.00
Besoek Winkel
Klein wit vissie is so bly
R99.00
Besoek Winkel
Waar’s Willie? In Hollywood
R129.00
Besoek Winkel
Waar’s Willie? Wonderwêreld
R129.00
Besoek Winkel
Waar’s Willie nou?
R129.00
Besoek Winkel
Waar’s Willie? Die fantastiese reis
R129.00
Besoek Winkel
Verwys jou Vriende

Weet jy van enigiemand wat sal hou van ons boeke? Verwys jou vriende en verdien:

 

  • ’n R100-koepon vir elke 10 mense wie ’n eerste bestelling plaas
  • ’n R200-koepon elke keer wat jou verwysings se totale waarde van bestellings R10,000 bereik

Ons sal ’n e-pos aan elke vriend wie jy verwys stuur om hulle bekend te stel aan KoueKoffieBoeke.

Lys jou Vriende Hier
Lees ons Artikels
Volg ons op Sosiale Media
facebook  instagram 
Verwys jou Vriende
Lees ons Artikels
Besoek ons Winkel
Teken Uit   |   Bestuur Jou Voorkeure   |   Besig Aanlyn